Tachybaptus ruficollis Little Grebe Kleindobbertjie
Modimolle, Mar 2025
Standvoël. Kom wydverspreid maar yl gesaai voor waar hulle geskikte habitat vind. Hulle hou van groot en klein damme asook opgedamde dele van groter riviere. Gewoonlik enkellopend, in pare of klein groepies. Tot dusver is daar nog nie groot swerms waargeneem nie. Die feit dat hulle soms uit ‘n area verdwyn dui op heelwat plaaslike beweging. Hulle broei in die somer.
Alma, Jan 2019
Modimolle, Nov 2014
Poer-se-Loop, Jun 2018
Modimolle, Jan 2018